ATKV-tak kry tweede putjie-in-een

Die ATKV lede van die Thabazimbi-tak tydens hul Gholfdag, vlnr: Ds Dirk Laufs, Franco Loots, Esmeralda Hermann, Diana Odendaal, Mandie Visser en Rina Stander.

THABAZIMBI – Die ATKV-tak van Thabazimbi het op Saterdag 4 Februarie 2012 hul tweede jaarlikse gholfborgdag aangebied nadat dit verlede jaar as een van hul jaarlikse insamelingsprojekte geïdentifiseer is.

Die dag is deur meer as 80 spelers ondersteun en dit het plaasgevind in die vorm van ‘n beterbal-kompetisie. ‘n Groot aantal borge het

gesorg vir aanloklike pryse, wat die prystafel behoorlik laat kreun het. ‘n Gelukkige trekking het verseker dat sommige van die spelers

wat nie ‘n lekker dag op die baan ervaar het nie, tog ook iets kon huis toe neem. Die gholfklub het ‘n gholfsak uitgeloot en heelwat geld

is ook hierdeur ingesamel.

Die wenners was as volg: 1ste posisie B Gous en B Pring (51), 2de posisie A du Toit en J van Eyssen (49) en 3de posisie K Robbertse

en B Botha (47).

Die bestuur van die ATKV wil al die spelers hartlik bedank vir die ondersteuning en goeie gesindheid wat geopenbaar is. Sonder die borge

sou die dag nie ‘n sukses gewees het nie. Te danke aan die ruimhartige bydraes is sowat R10 000 vir bejaardesorg ingesamel. Groot

dank gaan aan die ATKV-lede wat die hele dag gehelp het met al die take wat verrig moes word om die dag so glad as moontlik te laat loop.

‘n Woord van dank gaan ook aan die Gholfklub, veral Esmé en Louise, vir die harde werk voor en agter die skerms, dit gaan nie ongesiens

verby nie. Ons sien baie uit na die volgende keer.

Franco Loots