Pienk vir Pippie

Mamma Gaenor en sussa, Erin Smith van Thabazimbi, het ook hul steun aan Pippie oorgedra deur deel te neem aan die “Pienk vir Pippie” –dag.

THABAZIMBI – Verlede Vrydag, 27 Januarie 2012, kon die hele land deelneem aan die “Pienk vir Pippie” projek.

Diegene wat daaraan deelgeneem het, het pienk klere gedra om hul steun vir Isabella “Pippie” Kruger te toon. “Pippie” is ‘n tweejarige kleuter wat op Oujaarsaand tydens ‘n fratsongeluk gebrand het. Sy is sedertdien in die hospitaal. Besoek www.facebook.com/isabella pippie kruger, om haar en haar familie te ondersteun of Sms PIPPIE na 38008 om R10 tot haar fonds te skenk.