Northam Hengelklub Kompetisie

NORTHAM – Northam Platinum Hengelklub het op Sondag 15 Januarie ‘n eendag Klub Kompetisie by Northam Konsentrator Dam aangebied.

Vir die pryse is daar gehengel as volg: 1ste prys vir die swaarste Barber, 2de die swaarste Karp en 3de die Swaarste Kurper. Die wenners van die verskillende afdelings is: Mans: 1ste Theuns Botha, 2de Gerhard Bronkhorst, 3de gedeel deur Hugo du Toit en Pax van Greenen. Dames: 1ste Annelie Bronkhorst, 2de Vlooi van Greenen en 3de Julianna. Juniors: 2de Mauritz Claassen en 3de Mauritz Claassen. Penkoppe: 2de Annelia Bronkhorst en 3de Dante Otto. Die plekke wat nie gewen is deur die hengelaars nie, meen dat die vis wat die posisie bepaal nie gevang is nie.