Negatief word Positief

As jy aan die verkeerde kant van 60 is dan begin die negatiwiteit aan jou knaag. Jy kla oor pyne, petrolpryse, kospryse en natuurlik die swak rente op jou karige spaargeldjies, en jy loer altyd oor jou skouer. As jy in hierdie posisie is kan jy ook net ‘n tweedehandse voertuig bekostig. Daarmee saam die agterdog dat jy deur ‘n uitgeslape verkoopsman verneuk gaan word.

BASTA. Ek het my Bakkie in Thabazimbi by E&S Motors gekoop. Na ses maande vanaf Middelburg na Rooiberg het ek op die hoofweg ‘n pap wiel gekry so 10km deskant Bronkhorstspruit. Soos julle weet stop niemand om hulp aan te bied nie.

Ek het probeer om die band om te ruil net om te vind dat die spaarband nie pas op  die bakkie nie. Praat van stres! Ek was verplig om met die pap band te ry tot in Bronkhorstspruit waar ‘n vriendelike motorhawe my probeer help het.

In Bronkhorstspruit was daar geen lae profiel band te kry nie en die soektog begin vir ‘n veiling. Uiteindelik kon hulle ‘n veiling kry wat pas en hulle die band op die veiling pas en ons het in Rooiberg aangekom, ek met ‘n abnormale hoë bloeddruk.

Ek het my probleme aan die 2de hande motorhandelaar telefonies verduidelik en hier kom die positief:

BAIE DANKIE AAN MARIK EN E&S MOTORS, hulle het vir my al my skade vergoed sonder ‘n oogknip. So daar is nog goeie mense in hierdie deurmekaar wêreld van ons.

Piet de Koker