HFM spog met presteerders

THABAZIMBI – HFM se toekenningsaand is op Vrydag 20 Januarie gehou. Tydens die geleentheid is toekennings gegee aan die presteerders op akademiese-, kultuur- en sportgebied. Die Topprestasies was as volg: Skut van die Jaar – Hendrik du Plessis, Atleet van die Jaar – Ludwich Pieterse, Akademie Gr 12 – Shirley Campbell, Tweekamp Atleet van die Jaar – Gerhard Benade, Lourier leering van die jaar asook Sportdogter van die Jaar – Glenize van Rooyen, Sportseun van die Jaar – Lourens Boshoff, Krieketspeler van die Jaar – Ettienne Marais, Hokkiespeler van die Jaar – Lara de Klerk, Netbalspeler van die Jaar – Tanja Marais, Rugbyspeler van die Jaar – Berné Mitton, Soccer Player of the Year – Thato Molema, Landloop Atleet van die Jaar – Johané Schutte, Gholfspeler van die Jaar – Jaco Jacobs, Jukskeispeler van die Jaar – Daphné Liebenberg en Skaakspeler van die Jaar – Jonathan Viljoen.