6 Medaljes vir Limpopo Jukskei Juniors

KROONSTAD – Die SA Junior Kampioenskap het plaasgevind vanaf 10 – 16 Desember 2011 te Kroonstad.

Unies van oor die hele land asook Namibië het meegeding in die Dubbels en Spanverband. Uitslae is as volg:

Dubbels: Gemeng O/19 – Goud: Werner Swanepoel en Daphne Liebenberg. Dogters O/19A – Brons: Hermien Naude en Andri Marais. Seuns O/13B – Silwer: Shaundre Grobler en Junior White. Dogters O/19B – Silwer: Suzaan Cloete en Margaret Cawood. Gemeng O/13B – Silwer: Lara Venter en Pieter Jan Gouws. Spanne: Seuns O/13A – Brons: Chris Viljoen (L), Henco Swart, Stiaan Jardin en Rigert Coetzee. Plaat afdeling – Dogters O/13A – Eerste – Anne van der Merwe (L), Cecille Cronje, Yolandi Kruger en Danne du Toit. SA A-Span: Hermien Naude D O/19 en Henco Swart Seuns O/13.

SA Kleure: Chris Viljoen S O/13, Werner Swanepoel (L) S O/16, Andrie Marais D O/16 en Daphne Liebenberg (L) Dogters O/16.

Francois van Zyl – Nasionale Afrigter Seuns O/13, Chris Swanepoel – Afrigter SA A-spanne, Bossie Liebenberg – Hoofafrigter al die SA Spanne. Hierdie spelers is dan ook gekies vir die Namibië Toer in Mei 2012. Ongeveer 34 spelers van Limpopo was vir die Noord Oos Streekspan gekies.

Groot totaal: Eerste – Noord Vrystaat, Tweede – Gauteng Wes, Derde – Gauteng Noord, Vierde – Boland en Limpopo in die vyfdeplek.