Youtube videos skok land

MARGATE –  Die vooruitsigte van ‘n “matriekvakansie” is wat baie matrieks aan die einde van die jaar nà ‘n naelbyt eindeksamen laat asem skep voordat hulle die nes verlaat vir die ongeveer drie jaar lange Universiteitsloopbaan of tersiêre opleiding.

Ongelukkig is daar ook diegene wat gedurende ‘n matriekvakansie vir die eerste keer met die volwasse lewe in aanraking kom en heeltemal oorboord gaan met hul nuwe vryheid.

Videos wat deur Beeld se digitale nuusspan saamgestel is, is op Youtube opgelaai vir die hele wêreld om te aanskou.

Gaan na http://youtube/S0Dolz4PQp8 om een van die twee videos te sien wat sover al deur 104,462 kykers afgelaai is.