Totsiens Arlene

THABAZIMBI – Familie en vriende van Arlene Harvey (Swart) is in rou gedompel nadat sy op die Marakele pad op Woensdag 4 Januarie 2012 omstreeks 18:30 verongeluk het.

Arlene (34) was die jongste dogter van oorlede Jan Swart en Sylvia Swart van Thabazimbi. Sy het in Julie 2010 teruggekeer na Suid-Afrika vanaf Australië na haar egskeiding. Arlene het by haar moeder gewoon en was stadig besig om haar lewe te normaliseer.

Sy laat haar ma, suster, swaer en susterskind agter. Arlene se begrafnisdiens is vandag, Vrydag 13 Januarie om 11:00 vanuit die AGS Kerk.

“Ons gaan haar vreeslik baie mis. Ons gebede is ook met die ander persone, Nico, Almarie, Niché, Micka en Sylvia Röhrs wat tydens die ongeluk beseer is. Hulle was in ‘n ernstige toestand in verskeie hospitale opgeneem en ons verneem met dankbaarheid dat hul besig is om te herstel.” Het Arlene se suster per e-pos aan Kwêvoël geskryf.