Thaba Hengelklub vereer hengelaars

Die nuwe Hengelkomitee vir 2012, voor vlnr: Hannes Scheepers (vise-voorsitter) en Rudolph Dreyer (voorsitter). Middel vlnr: Martie Murray (addisionele lid), Nicolene Heydenrych (tesourier/sekretaresse) en Jan Bender (skaalbeampte). Agter vlnr: Peet Meyer (hoof skaalbeampte), Leon Janse van Vuuren (reël-beampte) en Tommy Swanepoel (addisionele lid).

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Hengelklub het op Saterdag 19 November hul prysuitdeling op Nico en Elise Botha se plot aangebied.

Die Hengelklub het besluit op ‘n opelug funksie vanweë die geselligheid daaraan verbonde. Daar is heerlik saam gekuier rondom die gesellige klanke van die Bosveld Orkes. Die kinders het die waterwurm en swembad terdeë geniet. Van die manne het toegesien dat ieder en elk, oud of jonk ‘n draai in die swembad gaan maak. Die weer het mooi saam gespeel tot in die helfte van die trofeë uitdeling, toe sous dit emmers vol water. Inderhaas is die uitdeling verskuif na die lapa waar dit voortgesit is sonder om die geesdrif van die hengelaars te demp.

Die nuwe komitee vir 2012 is ook tydens die funksie verkies en word die nuwe klubvoorsitter, Rudolph Dreyer, hartlik geluk gewens. Alle sterkte vir hom en die nuwe komitee.

Pryse is toegeken aan die volgende hengelaars:  Die klubkampioen van Thaba Hengelklub is Tommy Swanepoel met 1845.70 punte gevolg deur Rudolph Dreyer met 1354.65 punte en Leon Janse van Vuuren met 1066.55 punte in die derdeplek. Die Mini-Kampioen – Seniors is Rudolph Dreyer met 140 punte, gevolg deur Leon Janse van Vuuren in die tweedeplek met 129 punte en in die derdeplek Willem Heydenrych met 125 punte.

Die Dames Klubkampioen is Nicolene Heydenrych met 430.30 punte, gevolg deur Martie Murray in die tweedeplek met 416.90 punte en Desiré Pretorius met 291.45 punte in die derdeplek. Die Mini Kampioen – Dames is Martie Murray met 162 punte gevolg deur Nicolene Heydenrych met 148 punte in die tweedeplek en Desiré Pretorius met 104 punte in die derdeplek.

Die Klub Kampioen – Juniors is Louwrens Kidson met 167.05 punte, Herman Meyer met 139.70 in die tweedeplek en Theunis Heydenrych met 55.75 punte in die derdeplek. Die Mini Kampioen – Juniors is Herman Meyer met 116 punte gevolg deur Louwrens Kidson met 93 punte in die tweedeplek en Theunis Heydenrych met 55 punte in die derdeplek.

Die Klub Kampioen – Penkoppe is Martin Scheepers met 226.45 punte, gevolg deur Chantell Meyer met 152.75 punte in die tweedeplek en CW Humphries met 89.80 punte in die derdeplek. Die Mini Kampioen – Penkoppe is Martin Scheepers met 134 punte gevolg deur Chantell Meyer met 128 punte in die tweedeplek en Deon Bender met 81 punte in die derdeplek.

Die Grootste spesie – Seniors se wenner was Jan Bender met sy karp van 4.09kg gevolg deur Nico Botha se kurper van 0.98kg in die tweedeplek en Rudolph Dreyer se barber van 4.85kg in die derdeplek. Die Grootste spesie – Dames se wenner was Martie Murray met haar karp van 3.95kg gevolg deur haar 0.830kg kurper in die tweedeplek en Marietta Botha se barber van 4.85kg in die derdeplek. Die Grootste spesie – Junior se wenner was Herman Meyer met sy karp van 1.175kg gevolg deur sy kurper van 0.77kg in die tweedeplek en Reinhardt Maritz se barber van 2.22kg in die derdeplek. Die Grootste spesie – Penkoppe se wenner was CW Humphries met sy karp van 2.80kg gevolg deur Deon Bender met sy kurper van 0.691kg en Chantell Meyer met haar barber van 0.925kg. Die Grootste spesie – Cubs se wenner was Dalize Botha met haar moddervis van 1.435kg.

Belangstellende hengelaars vir 2012 kan die nuwe klubvoorsitter kontak by thabahengel@gmail.com.