Skryf in vir Diamantvrou 2012

Vroue wat ’n passie het vir hulle gesin, gemeenskap, omgewingsake en liefdadigheid, dinamies is en voel sy kan ’n verskil maak as ambassadeur van die Waterberg, moenie die geleentheid laat verbyglip om in te skryf vir Waterberg Diamantvrou 2012 nie.

Die kompetisie, wat in 2009 met groot sukses aangebied is, staan volgende jaar bekend as Pick n Pay Waterberg Diamantvrou 2012. Een van die hooforganiseerders van 2009 se kompetisie, Marlene de Villiers, gaan weer sorg dat sake klopdisselboom verloop in 2012. Die gala-aand, wat in die eerste kwartaal van die jaar gaan plaasvind, gaan weer ’n glansgeleentheid wees en die groep Romanz gaan glans aan die aand verleen.

Die Pos kinderfonds is in 2012 die liefdadigheidsorganisasie wat deur die organiseerders gekies is as begunstigde. In 2009 het dié fonds R10 000 ontvang van die organiseerders.

Die wenner van die kompetisie sal vir haar  termyn ook as beskermvrou van dié kinderfonds optree.

Diamantvrou 2012 stap met heerlike pryse weg.

Die kompetisie is oop vir vroue van regoor die Waterbergstreek wat die volgende dorpe insluit: Mokopane, Vaalwater, Lephalale, Thabazimbi, Bela-Bela, Modimolle, Mookgophong en al die kleiner dorpies wat ook deel uitmaak van die streek.

Inskrywingsvorms vir die kompetisie is beskikbaar by Die Pos koerant se kantore op Modimolle en Bela-Bela. Of skakel Marlene de Villiers by tel. 082 955 6494 om ’n inskrywingsvorm aan te stuur of vir enige navrae in verband met Waterberg Diamantvrou 2012.