Ouma Nen oorlede

Tannie Lena du Preez, regs voor op foto, is Saterdag 7 Januarie oorlede in die ouderdom van 94. Sy was sedert November ‘n inwoner van Tambotie Versorgingseenheid in Thabazimbi. Die begrafnis is vandag om 11:00 vanuit die AP Kerk. Saam met haar op die foto is haar dogter, Linda Snyman, kleindogter Marinda en agterkeindogter Michelle.