Northam VLU verwelkom nuwe voorsitster

Angela Potgieter (links) neem oor by Annatjie Dreyer as Voorsitster van Northam VLU.

SWARTKLIP – Northam VLU het op Donderdag 19 Januarie 2012 hul eerste vergadering vir 2012 aan huis van Angela Potgieter gehad. Angela is as Northam VLU se nuwe Voorsitster vir 2012 verkies en het vanaf die eerste vergadering die leisels stewig vasgevat.

Die jaarprogram bestaan uit insiggewende vergaderings, werksklasse, kompetisies en ander interessanthede, wat beloof om van 2012 ‘n besondere jaar te maak. Die nuwe bestuur is welkom geheet, en die kompetisie-artikels wat op 14 Februarie 2012 by die Streeksvergadering te Lephalale ingehandig moet word, is bespreek. Drie nuwe lede is welkom geheet. Northam VLU hou hul volgende vergadering op 16 Februarie 2012 te Swartklip. Vir meer inligting aangaande Northam VLU, skakel of sms Mari Meintjes 0820864915.