Isuzu’s word steeds geteiken

THABAZIMBI – Kwaggasvlakte-, Spitskop- en Doringhoekplotte loop tans swaar deur onder bakkie diefstal.

Op Dinsdagaand, 29 November, is nog ‘n inwoner van Kwaggasvlakteplotte geteiken toe drie van sy honde met temic vergiftig is en twee rowers sy Isuzu uit sy erf verwyder het. Die eienaar van die bakkie het Ikatiseng Sekuriteit laat weet dat sy bakkie gesteel is, waarna hulle na die plot gejaag het. Oppad het die sekuriteitsmaatskappy tesame met die bakkie eienaar twee verdagtes gesien stap en hulle gekonfronteer. ‘n Sak met gesteelde goedere asook temic is by hulle gevind.

Volgens Kolonel Otto, provinsiale polisiewoorder, is een van die verdagtes in ‘n poging om hulle te arresteer, in die linkerskouer geskiet, terwyl die ander een op die vlug geslaan het. Die gewonde Mosambieker is tans in die Polokwane Provinsiale Hospitaal. ‘n Klag van diefstal en ‘n klag van poging tot moord word ondersoek.

Inwoners in Thabazimbi word ook steeds geteister deur huisinbrake alhoewel diefstal uit voertuie effens afgeneem het. Kontak Jaco “Pottie” Potgieter, bestuurder van Ikatiseng Sekuriteit vir enige veiligheids- en alarmsisteem navrae by 083 824 9400.