Huweliksherdenking: Havenga egpaar

Anneke van Niekerk was bevoorreg dat haar oupa Jan en ouma Hettie Havenga wat op 12 Desember 2011 hul 52ste huweliksherdenking gevier het, ook haar matriekafskeid-dag met haar kon deel. Namens die egpaar se kinders, Helena van Niekerk, Henk, JC en Jaco Havenga tesame met hul gesinne, insluitend nege kleinkinders, wil hulle vir hul ouers geluk toewens met die mylpaal.