Hardekool Boogklub sluit af vir 2011

Saterdag se kompetisie wenners: eersteplek word gedeel deur: Johan Rudolph, Henk Engelbrecht, Petro van Reenen en Hein Holtzhausen.

THABAZIMBI – Hardekool Boogklub se gewilde Jaareindfunksie was gehou op die naweek van 25-27 November 2011.

Hierdie jaar het die afsluiting plaasgevind op die plaas Rotterdam. Die kampeerders het reeds Vrydagmiddag begin arriveer, en daar is tot vroeg gekuier en stories uitgeruil. Die klub se skuts kon Saterdagoggend vroeg vir oulaas in die kompetisie wys waarvan hulle gemaak is. Die aand was daar prysuitdeling en kersboom en daarna kon almal smul aan die lekker spitbraai.

Die volgende skuts het trofeë ontvang vir hulle prestasie by SABA (South African Bowhunters Association): Henk Engelbrecht-Mans Broadhead, Petro van Reenen-Dames Mechanical, Malan Hermann-Mans Mechanical, Johan Rudolph-Mans Mechanical en Antoinette Hermann-Dames Broadhead. Henk is ook vereer met sy prestasie vir Lewenslange Lidmaatskap wat hy by SABA ontvang het. Die klub kampioene was as volg: Henk Engelbrecht – senior mans, Petro van Reenen – senior dames, Hannes Holtzhausen – junior mans en Anthony Opperman – cubs. Die lede het voorwaar op hierdie naweek hul klub se leuse uitgeleef: “100% Bos!”