Hardekool Boogklub presteer by SABA

Henk Engelbrecht verower ‘n eersteplek in die Mans Senior Broadhead afdeling en Petro van Reenen verower ‘n eersteplek in die Dames Senior Mechanical afdeling.

THABAZIMBI – Hardekool Boogklub het deelgeneem aan die laaste SABA, (South African Bowhunters Association) kompetisie vir die jaar.

Dit het plaasgevind by Magnum Archery, Pretoria. Die baan was so opgestel dat die algemene skut redelike skote het, maar die ‘skerpskutters’ kon hulself onderskei. Die dag se uitslae vir die klublede was as volg:  Henk Engelbrecht-98% en 18 hartskote- eersteplek -Senior Male Broadhead.  Johan Rudolph- 94% en 14 hartskote – derdeplek – Senior Male Mechanical.  Petro van Reenen – 89% en 14 hartskote – eersteplek Senior Female Mechanical.  Antoinette Hermann – 77% en 7 hartskote – tweedeplek Senior Female Broadhead. Michelle Vosloo – 69% en 4 hartskote – derdeplek Senior Female Mechanical. Hein Holtzhausen – 72%, Lizelle de Klerk – 66%, Jaco Swanepoel – 62%.

Die volgende skuts het ook algehele plekke behaal vir hulle prestasies reg deur die jaar. Henk Engelbrecht het ‘n trofee ontvang vir die eersteplek in die Mans Senior Broadhead Afdeling. Petro van Reenen het ‘n trofee ontvang vir eersteplek in die Dames Senior Mechanical Afdeling. Malan Hermann het tweedeplek behaal in die Senior Mans Mechanical Afdeling, Antoinette Hermann het die tweedeplek behaal in die Dames Senior Broadhead Afdeling en Johan Rudolph het ‘n derdeplek behaal in die Mans Senior Mechanical Afdeling. Petro van Reenen was ook een van die finaliste vir ‘n gemiddelde telling van bo 80% deur die jaar en was dan ook die gelukkige trekker van die jagprys by SABA.