Gunsteling Facebook Foto’s

Bianca Kleynhans se jag foto het die meeste “likes” gekry.

THABAZIMBI – Kwêvoël se laaste “Gunsteling” Facebook Fotokompetisie het op Woensdag 7 Desember 2011 tot ‘n einde gekom.

Baie dankie aan al ons getroue Facebook-lede wat hul foto’s ingestuur het vir hierdie gewildheidskompetisie. Die sportfoto wat die meeste “likes” gekry het, was Hugo du Toit se karp-foto met 125 “likes”. Die jagfoto wat die meeste “likes” gekry het, was Bianca Kleynhans se foto met  110  “likes”.

Hugo ontvang ‘n sportfotosessie saam met fotograaf Christo Badenhorst en Bianca Kleynhans ontvang ‘n etebewys by Butlers Family Diner ter waarde van R400. Ons volgende “Gunsteling” Facebook Fotokompetisie se tema is: Kersliggies. Stuur jou foto in van die huis wat die mooiste versier is na estie@kwevoel.co.za. Die wenner se foto word in Vrydag 13 Januarie 2012 se uitgawe gepubliseer.

Hugo du Toit se sport foto het die meeste “likes” gekry.