Groot vangs by Mosambiekse kus

Oom Chris Pretorius wat 88 jaar is, wat hier sy 16kg Barrakuda vashou saam met Nolté Roets, eienaar en “skipper” van C Angel.

THABAZIMBI – Oom Chris Pretorius, Oom Drom soos almal hom ken, is 88 jaar oud en ‘n groot wildjagter wat al deur die hele Afrika getoer het, het ’n groot liefde vir visvang. Hy sit hier met ‘n yslike  Barrakuda van 16kg. Hy het dié vangs gehad saam met Nolté Roets , “Skipper” en eienaar van die C Angel.

Oom Chris word op Maandag 5 Februarie 89 en ons, sy seun Danie, Louisa en sy Vrou Marietjie wens hom ‘n voorspoedige en geseënde jaar toe, waar daar nog baie visse gevang gaan word.