Geskenkies toedraai ten bate van bejaardes

THABAZIMBI – Drie flinke dames, ten bate van die Bejaardesorg, woeker reeds van Donderdag 1 Desember om hierdie Kersfees ‘n onvergeetlike tyd te maak vir die seniors van Thabazimbi.

Me Marie Steenekamp, me Hannetjie Minnaar en me Magda van Wyk is elke dag, tot 24 Desember, in Shoprite besig om geskenke toe te draai vir die seniors van Thabazimbi.

Shoprite het die spasie gegee waar die dames se werkstasie gestasioneer is, asook die geskenkpapier en linte geborg wat dié dames gebruik om weldoeners se persente toe te draai. Donasies vanaf R5 tot R20 is welkom. “‘n Totaal van R2000 is reeds ingesamel vir die kerskopies.” Het me Steenekamp Dinsdag aan Kwêvoël gesê. Hulle doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help verseker dat die oumensies ook hierdie jaar ‘n bederfie in die kerskous kry.

Skakel me Steenekamp vir meer besonderhede by 072 252 0770 of besoek hulle gedurende die dag by Shoprite.

Me Hannetjie Minaar, me Magda van Wyk, me Maryna van der Merwe (kassiere kontrolleerder: Shoprite) en me Marie Steenekamp by hul werkstasie in Shoprite.