Fondswerwing en bemarking

‘n Kursus oor fondswerwing en bemarking word op  Donderdag 23 Februarie by Solidaritiet se hoofkantoor in Centurion aangebied.

Dit is nie sommer so ‘n kursus nie, want Chris Windell met 35 jaar ondervinding tussen skole, welsyn, tersiêre opleiding, nie-regeringsorganisasies, klubs, ens. se hoofdoel is om kursusgangers stap vir stap op te lei om hulle doelwitte te bereik.

Deesdae vind welsynorganisasies, nie-regeringsorganisasies, skole, kerke( veral vir die welsynbeen)institute, klubs, en dies meer dit maar baie moeilik om kop bo water te hou ten op sigte van beskikbare fondse.Voeg daarby die regering wat subsidies besnoei en die prentjie lyk maar donker. Om nie eers te praat van die ekonomiese klimaat nie.

Ten spyte hiervan is daar in 2009 bykans R4,5 biljoen geskenk om hierdie probleem aan te spreek.Hierdie geld het gekom van hoofsaaklik die korporatiewe sektor waarvan die top 100 maatskappye meer as R50miljoen  elk geskenk het.

Fondswerwers,maatskaplike werkers,onderwysers,verpleegkundiges ,word opgesaal met die probleem…ons het fondse nodig om te oorleef.

Chris Windell het reeds drie boeke die lig laat sien en met 300 seminare agter die blad kan fonswerwers by enige organisasie seker ietsie by hom leer.

Voorts is daar ook ‘n baie interessante aanbieding oor die gebruik van die sosiale media en bemarking in Fondswerwing.

Die kursus duur van 09:00 tot 15:00. Daar is beperkte spasie en belangstellendes word versoek om Chris te skakel by 082-5681-501 of Elmarie by 083-5710-088.