Casa Mia – jou huis weg van die huis

Die netjiese selfsorg tuinwoonstelle het elk hul eie privaat ingang. Hierdie woonstelle bied slaapplek vir twee tot vier persone en is ideaal vir klein gesinnetjies.

Vir ‘n bekostigbare naweek- of vakansiewegbreek na die Suid-kus kan jy gerus die Casa Mia Gastehuis in Umkomaas oorweeg. Hier word die klem op ontspanning en kwaliteitdiens geplaas om te verseker dat hul gaste se verblyf so gemaklik en ontspanne as moontlik is.

Casa Mia Gastehuis is sowat 45km suid van Durban en ongeveer 100km noord van die Wild Coast Sun. King Shaka Lughawe is sowat ‘n uur se ry van hulle af vir diegene wat eerder wil afvlieg en ‘n motor wil huur tydens hulle verblyf.