Bosveld Oord groet Magrietjie

Magriet Massyn (69) is op 22 Januarie 2012 oorlede.

THABAZIMBI – ‘n Inwoner van Bosveld Oord, Magriet Massyn, is op 22 Januarie 2012 op die ouderdom van 69 te Wilgers Hospitaal oorlede.

Magriet is in Potgietersrus gebore, het later na Meyerton verhuis en was vir die afgelope ses jaar ‘n trotse inwoner van die Bosveld. Vier van hierdie jare het sy as inwoner van Bosveld Oord deurgebring.

Sy laat vier kinders, vyf kleinkinders en ‘n agterkleinkind agter. Haar roudiens vind plaas op Saterdag 28 Januarie 2012 om 10:00 vanuit die Hervormde Kerk, Thabazimbi.

Namens die kinders word Magriet se Bosveld Oord vriendinne bedank vir hul liefde en versorging gedurende die tyd wat sy daar woonagtig was asook die Dokters en mediese personeel van Medi-Clinic Thabazimbi.