Bosveld Boorling oorlede

Tannie Sannie Fourie (89) is op 24 November na ‘n lang siekbed oorlede.

THABAZIMBI – Tannie Sannie van der Walt, gebore Behrens, beter bekend as Sannie Fourie, is op 24 November 2011 in die ouderdom van 89 jaar na ‘n lang siekbed oorlede.

Sy het groot geword as plaasnooi in die Lephalale omgewing en is later getroud met Tjaart van der Walt. Hy was ‘n beesboer in murg en been tot sy afsterwe ook hier in Thabazimbi.

‘n Paar jaar later trou sy weer met oom Chris Burger van Rustenburg. Na sy afsterwe trou sy ‘n derde keer met oom Jan Fourie.

Hulle het saam gewoon in Bosveld Oord. Oom Jan is ook later oorlede. Sy het daar aangebly totdat haar gesondheid so verswak het en sy na Tambotie Versorgingseenheid opgeneem is waar sy ook die langste inwoner was.

Ouma Sannie was baie geliefd en laat haar twee seuns, drie dogters met hul gesinne agter.