Aqua Kids sluit af

Swemmers van Aqua Kids wat goeie vordering vir die jaar getoon het.

THABAZIMBI – Aqua Kids Swemskool het hul afsluitingsfunksie op 24 November by Kumba Swembad gehad.

Daar was drie partytjies gehou en die kinders se ouderdomme het gewissel tussen 20 maande en 16 jaar oud. Elke kind het ‘n sertifikaat ontvang wat sy vordering vir die jaar aantoon.

Die volgende kinders het baie goed gevorder en gaan volgende jaar nie meer by Oudekraal swem nie, aar wel by die groter Kumba swembad: Alex Guba, Jan-Gunter Marais, Cobus Marais, Su-mari Marais, Kiano Soares, Kaydon Soares en Liam Santos.