Venter-egpaar vier 62jaar

THABAZIMBI – Tannie Anna (81) en oom Jan Venter (86) van Bosveldoord, vier op 15 Desember hul 62ste huweliksherdenking.

Tannie Anna was in 1941 een van die ses leerlinge van die skool op Sentrum, soos hulle dit daardie tyd genoem het, “die gif goed geëet het”. Die kinders was besig om tuinwerk te doen en het op ‘n vreemde plant afgekom. Hulle het daaraan begin eet, maar tannie Anna het geproe dat dit ‘n vreemde smaak het en dit uitgespoeg. Drie leerlinge is oorlede en tannie Anna en nog twee maatjies is deurgehaal.

Hulle vertel graag die staaltjie van hul huweliksdag in 1949, hoe hulle gesukkel het om ‘n predikant te kry om hulle in die huwelik te bevestig, aangesien dit die dag was wat die Voortrekker Monument in Pretoria ingehuldig is en al wat ‘n leraar na Pretoria opgeruk het vir hierdie geskiedkundige oomblik.

Uit hul huwelik is ses kinders, drie seuns en drie dogters, asook 13 kleinkinders en sover een agterkleinkind gebore.

Die egpaar bedank hul Skepper vir Sy genade wat hulle elke dag ervaar.

Oom Jan en tannie Anna Venter vier in Desember hul 62ste huweliksjaar.