TBZ hou jaarlikse Fleur de Lis Vrouedag

Mari Meintjes, Lindie Strydom, skakelbeampte van Solidariteit Helpende Hand en Amanda Meintjes.

THABAZIMBI – Die jaarlikse Fleur de Lis Vrouedag, ten bate van liefdadigheid, is vanjaar op Saterdag 22 Oktober 2011 aangebied.

Die fondse wat vanjaar genereer is, is aangewend om die Helpende Hand takke van Northam en Thabazimbi te versterk. Borge is reeds sedert die begin van 2011 genader vir donasies en pryse, en het die dames hard gewerk om van die dag ‘n reuse sukses te maak. Die Jubabroers van Potgietersrus was die kunstenaars vir die dag, en die spyseniering is behartig deur Northam VLU.

Annatjie Dreyer, Voorsitster Northam VLU, Monica Annandale, Sekretaresse Thabazimbi Helpende Hand, Marianthie van der Walt, Streeksvoorsitster Helpende Hand, Limpopo, en Mientjie Marais by die Juba Broers.

Om betrokke te raak by die werksaamhede van die Fleur de Lis Komitee, Northam Helpende Hand, of Northam VLU, skakel of sms Mari Meintjes 0820864915. Vir Thabazimbi Helpende Hand kan Monica Annandale geskakel word by 0765991858.