Skiet raak in Egipte

EGIPTE – Hendrik du Plessis het as 14 jarige Hoërskool leerling in die Senior Suid-Afrikaanse .22 skyfskietspan deelgeneem aan die Afrika Kampioenskappe in Kairo Egipte wat 14 tot 25 Oktober 2011 plaasgevind het.  Hy wen ‘n Bronsmedalje in die 3P afdeling tussen 39 ander deelnemers wat van oral uit Afrika kom.

Hy is deel van die Senior Suid-Afrikaanse Span en word afgerig deur Martin Senore by die Eagle Eye Shooting Centre.  Hy het sy liefde vir skiet ontwikkel op skoolvlak toe daar vir hom die geleentheid gegee is om aan liggeweer deel te neem en hy skiet nou die .22 van September 2010 af.

Dit is so ‘n uitsonderlike prestasie omdat hy so jonk is en die persone wat tweede en eerste gekom het albei bo 38 jaar is. Die Egiptenare was verstom oor die jong mannetjie wat so  goed kan skiet.

Die Afrika Kampioenskappe was ‘n kwalifiserende rondte vir die 2012 Olimpiese spele.

Hendrik du Plessis het as 14 jarige Hoërskool leerling van Frikkie Meyer in die Senior Suid-Afrikaanse .22 skyfskietspan deelgeneem aan die Afrika Kampioenskappe in Kairo, Egipte wat 14 tot 25 Oktober 2011 plaasgevind het. Hy wen ‘n Bronsmedalje in die 3P afdeling.