Omgee Projek

Die Omgee Projek het ‘n bedrag van R5800 vir behoeftige gemeenskapslede ingesamel. Op die foto is Hanti Vorster en Rachel Rossouw.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi, in samewerking met die SAVF het ‘n Omgee projek geloods.
Leerders het knopies met die slagspreuk “Ons gee om” teen R5 gekoop. Daarmee is ‘n bedrag van R5800 ingesamel. Kruideniersware, klere, skoene en speelgoed het ‘n bakkievrag vol gemaak. Die gemeenskap word bedank vir die positiewe gesindheid waarmee hulle hul harte en hande oopgemaak het om ‘n verskil te maak in behoeftige mense se lewens. Indien u steeds skenkings wil maak, kontak gerus Rachel Rossouw van die SAVF by 014 777 1093 tydens kantoor-ure of Hanti Vorster by Laerskool Thabazimbi 014 777 1234.