Northam Platinum Hengelklub Klubkampioene aangewys

Tokkie Burger

NORTHAM – Deur die jaar het die hengelaars van Northam Platinum Hengel Klub mekaar lekker opdraande gegee met die Hengel. Maar in die gespook om kampioen te wees het daar ‘n paar mense uit gestaan en op die einde van die dag die vrugte gepluk van die jaar se harde werk.

Daar was deur die jaar by verskillende damme gehengel, wat Roodekoppies, Olifantsnek, Hartbeespoort ingesluit het. Die koue was getrotseer, die son was gekul met ‘n sambreel of twee, maar daar was gehengel uit die hart uit. Daar was ‘n punte stelsel gebruik om die wenners te bepaal en dit werk as volg. Elke hengelaar kry vyf punte vir elke vis wat hy vang en 10 punte per kilogram. Die volgende mense het uitgetree as die kampioene van die jaar: Tokkie Burger was die wenner in die mans afdeling en het 5946.20 punte vir die jaar behaal. Tweede was Demsie Du Toit met 2608.00 punte en derde Rudie Smit met 2296.40 punte. In die dames afdeling het Judith Pretoruis gewen met 716.14 punte met Vlooi van Greunen in die tweede plek met 678.60 punte en in die derde plek was dit Elize Harmse met 653.50 punte. Die Junior afdeling was gewen deur Jaco Geldenhuis (afwesig) met 3563.22 punte met Nico Geldenhuis in die tweede plek met 3392.20 punte en Maurits Claasen was derde met 2711.40 punte. Divan Minnie het die penkop afdeling gewen met 422.60 punte. Tweede was Mariska Agenbagh met 370.40 punte en derde was Buffel Olivier met 167.20 punte. Die Hengelklub bedank graag die bestuur van Northam Platinum myn vir al hulle insette in die bestaan van die klub. “Sonder julle gaan dit moeilik wees om die klub tot sy volle potensiaal te bestuur en bedryf.”