DA vergader by Marakele

Die DA-raadslede van die Waterberg- en Capricorn-distrik het op Saterdag 26 November 2011 te Marakele Nasionale Park, vergader. Die DA-leier van Limpopo, Desireë van der Walt, was ook teenwoordig. Die raadslede het tydens die geleentheid probleme in die onderskeie stadsrade bespreek, gedagtes uitgeruil en wenke gedeel oor hoe probleme hanteer kan word. Al die raadslede het ook ‘n verpligte opleidingspakket ontvang, om hulle te help om doeltreffende dienste aan die betrokke gemeenskappe te lewer. Foto: Franco Loots.