Bosveld Akademie Lourieraand

Janse Boshoff ontvang trofeë vir Engels, Wiskundige geletterheid, Kultuur, Senior Sportseuns en Ambassadeur van die skool.

THABAZIMBI – Bosveld Akademie Privaatskool se Lourieraand het op Vrydag 28 Oktober te Thabazimbi Bioskoopsaal plaasgevind. Vakke wat van 2012 hier aangebied sal word, is: IGO (Tegniese Tekening), Elektriese Tegnologie, Gasvryheidstudies en Geografie. Die bestaande vakke is: Lewenswetenskap, Fisiese wetenskap, RTT, Besigheidstudies, Toerisme, Wiskunde/Wiskunde geletterdheid en Afrikaans en Engels. Die volgende leerlinge het pryse ontvang:

Sanel Steyl ontvang trofeë vir Afrikaans, Christelike Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe.