88 jaar vir tannie Babs

Tannie Babs het pas haar 88ste verjaarsdag saam met familie en vriende gevier.

KROMDRAAI – Verjaarsdag koors loop hoog op Kromdraai. Tannie Babs Stapelberg het haar agt en tagtigste verjaarsdag saam met vriende by die woning van Johann en Mabel Niemand gevier.

Vriende van heinde en ver het kom opskop en lekker verjaarsdag gehou saam met tannie Babs.

Tannie Babs Stapelberg is woonagtig te Kromdraai vanaf 1968 en het al hulle kinders daar groot gemaak. Haar eggenoot, wyle Oom Piet Stapelberg, was ‘n baie bekende in die kontrei en het onder andere gedien as die lokale vrederegter.

“Ons wens Tannie Babs ‘n baie gelukkige verjaarsdag toe. Bly altyd so voorbeeldig en wees altyd ‘n moedertjie vir ons almal hier op Kromdraai.”