8 Skaakspelers na SA’s
KOEDOESKOP – Agt leerlinge van Laerskool Koedoeskop is vir die Platina skaakspan gekies wat gedurende Desember in Port Elizabeth aan die SA Junior skaakkampioenskappe gaan deelneem.
In ag genome dat die skaakakademie, olv Mev Monica van Deventer, net meer as ‘n jaar aan die gang is, is dit voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie. “Sterkte en hou die Koedoenaam hoog!”
