XKT skopboksers presteer in 2011

THABAZIMBI – Die XKT Skopboksklub het hul presteerders vir die jaar vereer vir hul harde werke en deursettingsvermoë.

Vlnr: Francois Buys, Anebel Buys, Shihan Peet van Breda, Rohan Erasmus en Vicus Venter.

Francois Buys, Vicus Venter, Rohan Erasmus en Anebel Buys het erkenning verkry vir hul uitsonderlike prestasies die afgelope jaar. Vicus en Rohan ontvang meriete sertifikate vir die beste opkomende studente gedurende 2011. Hulle prestasies sluit medaljes in verskeie toernooie, getroue klas bywoning en uitsonderlike standaard tydens graduering. Vicus en Rohan openbaar sterk potensiaal met Rohan wat vanjaar sy debuut in die S A kampioenskappe in die Kaap gemaak het. Baie geluk en sterkte met die pad na sukses.

Francois en Anebel Buys het hulle nie net onderskei as besondere studente wat dissipline, harde oefen werk en uitsonderlike toepassing van vegkuns tegnieke nie, maar ook as mees uitstaande toernooi vegters deur in drie vegkuns vorms medaljes te verower op een toernooi drie afsonderlike kere na mekaar. So ‘n prestasie verg meer as net bo gemiddelde talent. Op sulke vlakke word die maksimum stamina, fiksheid en konsentrasie gekombineer met ‘n wil om sukses te behaal. Hulle droom oop oë en volhard deur daad by die woord te voeg. “Slegs die twee studente kon die prestasie vermag in my dertig jaar van afrigting in vegkunste.” Sê hul afrigter, Shihan Peet van Breda. Hulle het ook verskeie internasionale geleenthede bygewoon met uitsonderlike resultate. Geluk aan twee presteerders wat hul tik op die skouer verdien oor die laaste agt jaar. Skakel Shihan Peet van Breda vir meer inligting by 084 624 1537.