Thaba Hengelklub sluit 2011 af

THABAZIMBI – Thabazimbi Hengelklub het 4-6 November hul laaste kompetisie gehad by Rietspruitdam te Ventersdorp. Daar was altesaam 22 hengelaars. Ondanks die storm wat die hengelaars op Vrydagmiddag moes teenstaan het die vis goed gebyt en is daar altesaam 290 vis gehengel. Die tempratuur het gesukkel om die barometer bo 20 grade te laat styg terwyl die stormsterkte wind uiters onplesierig was.
Die prysuitdeling en afsluiting van die klub sal plaasvind op Saterdag 19 November 2011. Alle nuwe lede wat belangstel om aan te sluit vir 2012 word hartlik uitgenooi om die funksie by te woon. Kostes beloop R50 per persoon wat ‘n ete insluit. Kaartjies beskikbaar by thabahengel@gmail.com of 083 348 2315. Die klubvoorsitter Nico Botha nooi u hartlik uit om deel te wees van die geselligheid. Die wenners van die kompetisie is as volg: Seniors: Tommy Swanepoel (eerste), Willem Heydenrych (tweede) en Rudolph Dreyer (derde). Dames: Martie Murray (eerste), Desre Pretorius (tweede) en Nicolene Heydenrych (derde). Juniors: Herman Meyer (eerste) en Louwrens Kidson (tweede). Penkoppe: Martin Scheepers (eerste), Deon Bender (tweede) en Chantell Meyer (derde). Cubs: Dalize Botha (eerste) en Simoné Rohrbeck (tweede).

