Thaba Flyers brei uit

Helene Stevens (regs) van Thaba Flyers Swemklub saam met die nuwe hulpafrigster vir 2012, Rhone Rheeders.

THABAZIMBI – Thaba Flyers funksioneer onder Helene Stevens in samewerking met Hoërskool Frikkie Meyer, spog nou met ‘n hulpafrigster, Rhone Rheeders. Rhone is reeds ‘n dekade aktief betrokke by swem as mededingende sport en sal vanaf Januarie 2012 die Klub se amptelike hulpafrigster wees.

Sy het ook al verskeie kere haar Limpopo en Noord-Transvaal kleure verwerf. Sy spog ook met steeds bestaande rekords by die skool.

Hierdie klub spesialiseer in gala afrigting en neem hul op verskeie plekke op ‘n maandelikse basis aan galas deel. Hulle doen ook tweekamp en neem deel aan myle. Juniors word afgerig om voorberei te word vir die aanleer van korrekte swemstyle en kompetering deur middel van galas. Om Thaba Flyers ‘n suksesvolle klub te maak en die Hoërskool se swem te versterk, moet daar ‘n invloei van Juniors wees sodat die sport “swem”, bevorder kan word.

Met Rhone wat nou sal sorg dat daar ‘n fondasie van Juniors met korrekte style en dissipline gekweek word, beloof Hoërskool swem weer groot hoogtes. Albei sal ook die skool se swemmers afrig. Tydens die swemseisoen van 2012/13 word beoog om nog ‘n afrigster aan te stel wat dan ook die “Learn to Swim” sal bevorder. Thaba Flyers se mikpunt is dus om drie afrigters te hê wat swemmers vanaf 5 jaar tot volwassenes te neem. Daar sal ook ‘n groep wees wat ‘n verslankingsprogram doen.