Stoei groep vereer vir harde werk
ELLISRAS – Verlede Saterdag, 12 November, het stoeiers van Thabazimbi stoei groep, onder leiding van Mogol stoei klub, hulle jaarlikse prysuitdeling en afsluiting funksie gehad.
Die stoeiers het almal hulle beste gegee en was altyd bereid om harder te werk, verder te hardloop en harder te oefen, en vir hul toegewydheid is hulle almal beloon.
Tien lede van Thabazimbi het uitgeblink en met ‘n paar trofeë huis toe gekom. Wandré Geldenhuys O/5 eersteplek en 60% – 80% bywoning, Stefan Geldenhuys O/9 eersteplek en 80% – 100% bywoning asook Provinsiale kleure, Jovan Barkenhuizen O/10 eersteplek en 80%- 100% bywoning asook Provinsiale kleure, Louis Trichardt O/10 tweedeplek en 80% – 100% bywoning asook Provinsiale kleure, Gerhard Snyman 0/11 eersteplek en 80% – 100% bywoning asook Provinsiale kleure, beste Laerskool stoeier en SA kleure, Ruan Geldenhuys 0/13 tweedeplek en 80% bywoning asook Provinsiale kleure, Duncan Loubser O/13 derde plek en 80% bywoning asook moedigste stoeier. Meisies afdeling: Michelle Snyman eersteplek en 80%-100% bywoning asook beste Hoërskoolstoeier, Provinsiale en SA Kadetkleure, Anina Snyman tweedeplek en 80-100% bywoning asook Provinsiale kleure, Karien Snyman tweedeplek en 80-100% bywoning asook Provinsiale kleure en Elsie Snyman beampte van die jaar.
