Red die Krans Aasvoël: deel van ons natuurlike erfenis

'n Beroep op die gemeenskap word gedoen om aasvoëls te beskerm.

Walter Neser

THABAZIMBI – Die Krans Aasvoël is Suider-Afrika se enigste endemiese aasvoël spesie en alhoewel hierdie aasvoël spesie waarskynlik die mees bestudeerde aasvoël in Afrika is, daal hulle getalle nog steeds.

As kwesbaar geklassifiseer, met voortdurende bedreiging, soos vergiftiging, habitat verandering, landbou-praktyke, botsings en skok op elektriese drade wat bydra tot hierdie situasie. Meer onlangs het talle nuwe bedreigings vir aasvoëls na vore gekom in Suider-Afrika, soos die gebruik van aasvoël-dele om die Lotto nommers te voorspel, en elders in die wêreld, die katastrofiese ineenstorting in die voorheen volopste Indiese Wit-rug Aasvoël (Gyps bengalensis) bevolking en ander aasvoël spesie op die Indiese sub-kontinent (Status klassifikasie van ‘minste kommer’ verander na ‘krities bedreig’ in net 12 jaar). Die ineenstorting van die aasvoël bevolking in Asië het gedien as ‘n ernstige waarskuwing van die opkomende dreigement dat aasvoëls wêreldwyd nou in die gesig staar, naamlik veeartsenykundige chemikalieë / dwelm-residu’s wat in die karkasse wat nadelig mag wees vir die oorlewing van die aasvoëls. Die Asiatiese Aasvoël krisis het ook die effek beklemtoon wat die verwydering van ‘n spesie uit die omgewing op ander spesies en gemeenskappe se welsyn as ‘n geheel, soos die toename van verrottende karkasse in die omgewing met ‘n gevolglike toename in wilde honde en rot bevolkings, met gepaardgaande siekte-uitbrake.

Kaapse Aasvoëls is unieke roofvoëls in dat hulle sosiale voëls is, en vorm groot broei kolonies, mens kan tot 600 broeipare op ‘n enkele krans teë kom. Hierdie sosiale gedrag en gevolglike omgewing interaksie, plaas die voëls in hoë risiko van massa-vergiftiging deur middel van vergiftigde karkasse, waar meer as 300 voëls op ‘n slag kan eet. Daarbenewens het aasvoël restaurante gelei tot ‘n ongewone voël- en menslike interaksie waar dit moontlik is vir die onbedoelde gifstowwe soos diergeneesmiddels ook uiteindelik in die aasvoël voedselketting beland. Hierdie situasie kan ly tot die uitwissing van ‘n groot deel van die oorblywende voëls in ‘n kort tydperk, as dit nie versigtig bestuur word nie.

Die Aasvoël-Program (VulPro), gestig in 2007, is daarop gemik om die voortdurende agteruitgang van die Kaapse Aasvoël populasie te stop. Gefokus deur die hele Suider-Afrika, saam met die Kaapse Aasvoël Werk-groep van die Endangered Wildlife Trust en sy medewerkers, is VulPro se missie om die toonaangewende aasvoël bewarings program te wees vir die bevordering van kennis, bewustheid en innovasie in die bewaring van die Afrikaanse aasvoël bevolkings tot die voordeel en welstand van natuur en die samelewing.

Die Magaliesberge is die tuiste van die vierde grootste kolonie van Kaapse aasvoëls, wat 12% van die totale bevolking is. Die grootste kolonie is naby Thabazimbi op Kransberg in die Marakele Nasionale Park, en maak 20% van die bevolking op. Die tweede en derde grootste kolonies is in die Limpopo-provinsie in Blouberg Natuur Reservaat en Manoutsa naby Hoedspruit onderskeidelik. Na die 2011 tellings van al die kolonies in Suider Afrika, staan die bevolking op ongeveer 2400 broeipare, in vergelyking met die vorige jaar se raming van 2900 pare.

Elke jaar van November tot Februarie verlaat kuikens die gemak en veiligheid van hul neste en leer om op hul eie oor die weg te kom. As gevolg van hul gebrek aan ervaring, beland hul dikwels in gebiede waar die habitat deur die mens verander is tot  so mate dat dit gevaarlik is vir die jong voëls, soos buisings skemas, en ander ontwikkelde areas, waar daar heinings, kragdrade, honde en ander gevare is, wat hul ontydige dood of bloot uitputting lei. Tydens hierdie intense tyd van die jaar, wanneer die meeste mense hul jaarlikse verlof geniet, is VulPro hard aan die werk met die versamel van beseerde, vergiftigde, en uitgeputte aasvoëls regdeur die Noordwes, Gauteng en Limpopo provinsies vir rehabilitasie. Jong Krans Aasvoëls beland in mense se tuine, perde kampe en selfs die Hartbeespoortdam, so wel as botsing met kraglyne is maar net ? paar van die probleme wat die voëls in die gesig staar. Om hierdie rede doen VulPro ‘n beroep op elke lid van die publiek wat op ‘n aasvoël op die grond afkom, om hulle dringend te kontak vir hulp. Hier is jou kans om ‘n belangrike rol speel in die bewaring van die spesies en die beskerming van ons natuurlike erfenis.

Elke jaar van November tot Februarie verlaat kuikens die gemak en veiligheid van hul neste en leer om op hul eie oor die weg te kom.

Deur VulPro se rehabilitasie pogings, sal elke aasvoël wat gesond genoeg word, terug in die natuur vrygelaat word. Hulle word gemonitor deur middel van nommerplaatjies op beide vlerke, en sommige word met behulp van GSM / GPS opsporingstelsels gevolg. VulPro bied die voëls die beste moontlike kans om ten volle te herstel en suksesvolle vrylating. Die voëls wat nie kan herstel nie, word dan ingesluit in VulPro se onderwys, navorsing en teelprogramme waardeur elke aasvoël wat by die sentrum gehuisves word, ‘n rol speel en op die manier ook ‘n bydrae tot die oorlewing van hul wilde broers en susters.

Die VulPro is op die oomblik die enigste goedgekeurde organisasie in staat om effektiewe aasvoël rehabilitasie in die Gauteng, Noordwes, Vrystaat, Noord-Kaap en Limpopo streke te beoefen, en het ‘n bewese rekord in die gebied van die aasvoël navorsing individueel en in samewerking met gerespekteerde kundiges en organisasies. Deur middel van ‘n breë benadering, beplan VulPro om die Kaapse Aasvoël bevolking te stabiliseer, te hervestig in plekke en lande waar hul vroeër vollop was en die publiek op te voed oor die belangrikheid van ons aasvoël spesies in ons ekosisteem wat elkeen van ons direk raak. Vir meer inligting, kontak kerri.wolter@gmail.com. Vir beseerde / siek voëls en noodgevalle skakel, Kerri by 082 808 5113 of Walter by 076 593 9849.

As ‘n nie-winsgewende organisasie, is VulPro baie dankbaar vir al hul borge, onder andere; Bioweb, Cheyenne Mountain Zoo, Computer Facilities, Hernic ferrochrome, Lomas Wildlife Protection Trust, Mazda Wildlife Fund, Natural Encounters Inc, Rand Merchant Bank, Stefanutti Stocks, Samancor, Tusk Trust, Wilderness Safaris en Eland Platinum Mines van Xstrata Alloys.

Een van die grootste kolonie Krans Aasvoëls is naby Thabazimbi op Kransberg in die Marakele Nasionale Park en maak 20% van die bevolking uit.