Landbou en Politiek te Koedoeskop

KOEDOESKOP – Landbou en die politiek hou verskeie aspekte in en het ‘n groot aantal uitdagings. Dr Pieter Mulder, Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Vissery, het die onderwerp op 12 Oktober by All-gro se Koringbesigtigingsdag te Koedoeskop aangeraak.

All-gro verskaf verskeie koring-, hawer- en sojaboonkultivars wat in gebiede regoor Suid-Afrika ook as strookproewe geplant word, om voortdurend die kultivar-eienskappe aan boere bekend te maak. Die resultate van die strookproewe word op dié besigtigingsdae bespreek.

Ferdi Meyer van die Universiteit van Pretoria, Buro vir voedsel en landbou, het die marktendense van mielies, sojabone en koring behandel terwyl Willem Kilian, Dr Hugo Smit, Dr Annelie Barnard en Dr André Malan, almal van die Landbounavorsingsraad Kleingraaninstituut (LNR/KGI), onderwerpe soos presisiebestuur, valgetal en bemesting vir optimum opbrengs en kwaliteit met die boere bespreek het.

Van links na regs: Eben Pienaar (MGK Groep-voorsitter), dr Pieter Mulder (Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Vissery), dr Kobus le Roux bestuurder van die LNR/KGI, Willie Jonker (Bestuurder All-gro Saad), Koos Pieterse (boer, eienaar van die plaas waarop ons die verrigtinge gehou het) en Ferdi Meyer (Universiteit van Pretoria: Buro vir voedsel en landbou).

All-gro hou verder ‘n reeks besigtigingsdae in die verskillende bedieningsgebiede. Skakel 012 252 5858 vir navrae of hou Spilpunt dop vir die datums.