Jukskei Seniors vs Juniors

KROONSTAD – Saterdag 19 November was geskeduleer vir die Noorde teen die Suide. Daar is egter afgewyk en besluit om die Seniors teen die Juniors te laat speel as voorbereiding vir die Junior Kampioenskappe te Kroonstad vanaf 10-16 Desember 2011.

Spelers is in spanne geplaas en daar was meegeding in Afdelings A, B en C. Uitslae is as volg:

Afdeling A: Seniors (De Graaff se span) – eersteplek, Seniors (Sois van Zyl se span) – tweedeplek, Seniors (Bossie Liebenberg se span) – derdeplek en Juniors Dogters O/19A – vierdeplek.

Afdeling B: Junior Seuns O/13A – eersteplek, Seniors (Ria Heyman se span) – tweedeplek, Seniors (Joyce du Preez se span) – derdeplek en Seniors (Willem Verwey) – vierdeplek.

Afdeling C: Juniors Seuns O/13B – eersteplek, Seniors (Niek Greyling se span) – tweedeplek en Juniors Dogters O/13A – derdeplek.

Die Seniors Jukskeispelers van Limpopo Jukskei Unie gaan nou bietjie uitspan tot Januarie 2012 na die skole heropen het.