Gunsteling Matriekafskeid foto

Marnus Dippenaar en Elizma Herbst het die Gunsteling Matriekafskeid Paartjie Fotokompetisie met ‘n totaal van 306 stemme, gewen.

THABAZIMBI – Die eerste jaarlikse Gunsteling Matriekafskeid Paartjie Fotokompetisie wat deur Die Kwêvoël op hul facebookblad gehou is, het op Sondag 13 November tot ‘n einde gekom.

Met ‘n weghol getal stemme van 306 het Marnus Dippenaar en Elizma Herbst die kompetisie loshande gewen. Hulle stap weg met ‘n kuier-aand by Van Ross Dierepark.

Volgens Laurette, eienaar van dié gesogte Dierepark, sal sy die paartjie tesame met Marnus se twee vriende en Elizma se twee vriendinne, bederf met ‘n maaltyd van Pizza en koeldrankies en ook alles wat daar by die Park beskikbaar is om te doen.

Sy beplan dat die vriendekring na 18:00 moet opdaag sodat sy die romantiese lampies kan laat brand sodat die pragtige bosveld omgewing wat die Park omring, ‘n rustige atmosfeer vir die moeg geleerde matrieks kan bied.

Laurette bied verskeie funksies, veral vir kinders, by die Park aan. Sy spesialiseer in Familie Restaurant wat elke Saterdag vanaf 17:30 gehou word, dit sluit in pasta en pizza aande omring met ons rustige, pragtige Bosveld atmosfeer en gasvryheid. Daar is talle familie pret aktiwiteite by die Park, soos mini-gholf (putt-putt), “go-carts”, “paint-ball”, braai fasiliteite en ‘n Italiaanse Pizza oond vir die heerlikste pizza’s. ‘n Verdere bonus van dié besondere park is die voeding en interaksie met die talle makdiere.

Vir Jaareind Funksies kan Laurette enige etes soos spit braai, formele etes, vingeretes en nog vele meer met graagte reël.

Vir meer inligting, besprekings en aanwysings, kontak Laurette by 083 542 5412 of 014-7721824.