Gesellige ATKV-aand by KunsteGrot

THABAZIMBI – Daar is sommer drie vlieë met een klap geslaan tydens die prysuitdeling van die ATKV Poësie-skryf kompetisie vir  Hoërskool en Volwassenes wat op 2 November aangebied is asook die afsluitingsfunksie van RiVo-Drama se Hoërskool studente en RiVo-toneel se een kort  komedie “Mev, die Hoof se vrou!”

Die voorsitter van die ATKV-tak, Thabazimbi saam met die pryswenners van die Hoërskool-afdeling. Vlnr: Michelle Coetzee – eerste, Tino Gildenhuys – derde, Rita Voschenk (ATKV) en Gerdri Eloff – tweede.
Die “akteurs” het hulle harte uitgespeel en vir ’n eerste keer op die planke glad nie sleg gevaar nie. Die gehoor het dit baie geniet. Op die foto vlnr: Rachel Rossouw (Mev Professor Huckestein), Sansonette Hefer (Mev Regter Pentz), Yvette Boshoff (Lientjie), Jeanette Cilliers (Susan), Hanti Vorster (Mev Die Hoof se vrou) en Janse Boshoff (Jan).
Die wenner van die Volwasse-afdeling, Vollie Volschenk met sy wengedig, Thabazimbi. Luitjé Muller was naaswenner.