Geloofsbelydenis: APK

Die AP Kerk lidmate wat op Sondag hul geloofsbelydenis afgelê het, vlnr: Quintin Janse van Vuuren, Jaendré van Staden, Lienkie van Wyk, Ds Albert Boshoff, Christoné Greyling, Ludwig Reinecke, Heidi Breytenbach, Leandri Botha, Bianca Botha en Anneré Bezuidenhout.

THABAZIMBI – Die AP Kerk Thabazimbi het op Sondag 20 November hul Nagmaalviering gehad. By hierdie geleentheid het nege katkisante geleentheid gekry om belydenis van hul geloof in die openbaar af te lê.