Brand rig derduisende rand se skade aan

Tobie Lombard

 

Die meeste skade in die huis, buiten rookskade, was in die kombuis.

AVONDSRUS: Slegs vyftien minute nadat Jannie Badenhorst in sy kombuis opwas werk gedoen het en toe gery het om sy vrou Hettie, wie by vriende gekuier het, te gaan haal, het hy die ongelooflikste telefoonoproep van sy lewe ontvang. “Jou huis is besig om af te brand!”

Jannie Badenhorst, voorsitter van die Raad van Trustees kon sy ore nie glo nie, hy was dan enkele minute gelede in die huis en alles was wel.

Alhoewel die skade hoofsaaklik tot die kombuis en omgewing beperk is, het die hitte van die vlamme dwarsdeur die hele huis erge skade aangerig. “Toe ek vyftien minute nadat ek die berig ontvang het, was alles verby toe ek by die huis stilhou.

Volgens Jannie is die een groot geluk dat hulle ‘n asbeswol tipe plafon in die huis gehad het. Die plafon het wel sommige plekke gebrand en selfs ingegee maar die balke van die dak blyk onbeskadig te wees.

Neels du Preez, oud polisie kaptein het gesê dat hy die diefwering op ‘n plek moes afbreek het want sy enigste bekommernis was: is Jannie en Hettie Badenhorst in die huis want hy het geweet dat hulle smiddae graag ‘n uiltjie knip. Volgens Jannie Badenhorst is dit wel  hulle gewoonte en indien hulle in die huis was, sou daar heel waarskynlik ‘n tragedie plaas gevind het.

Hettie Badenhorst het in ‘n onderhoud aan Die Kwêvoël gesê “Dit hoef nie uitgespel word hoe groot ons skok was toe Hannetjie Minnaar ons gebel het om te sê dat ons huis besig was om te brand nie! Dit was aanvanklik moeilik om te glo want ons sou dan net ‘n paar minute uithuisig wees.

Die brand was ‘n ernstige vingerwysing dat Avondsrus Oord nie paraat is vir so ‘n voorval nie. Ek en Jannie wil graag alle dank en eer aan ons Hemelse Vader gee aan baie minder skade en natuurlik, vir ons lewens wat gespaar is.

Vir Neels du Preez en sy stiefdogter Patrys, wat dadelik op die toneel was en reuse reddingswerk verrig het. Dan aan elke een van die mense wat behulpsaam was op die toneel: Baie, baie dankie vir julle hulp. Dierbare mense het hulle lewens op die spel gesit om te help. Dank aan elke een wat vir ons etes aangebied het., Piet en Sofie het goedgunstiglik hulle woonstel tot ons beskikking gestel. Baie dankie vir almal se bede en goeie wense. Dit is ‘n riem onder die hart. Ons dankbaarheid is groot en diep dat niemand tydens die brand beseer is nie. Ons is oorweldig deur die gebeure en die genade van Bo asook die dierbare mense van Avondsrus.”