Bosveld Dorperklub veiling

POLOKWANE – Die Bosveld Dorperklub se Dorper veiling het op 11 November te Pietersburg Veilingskrale plaasgevind.

Die stoetveiling het as volg gevaar: 15 ramme verkoop teen ‘n gemiddeld van R7483, 14+14 skaapooie en lammers verkoop teen ‘n gemiddeld van R4129 en 44 ooie verkoop teen ‘n gemiddeld van R3463. Die omset vir die stoetveiling was R322 400.

Die kommersiële veiling het as volg gevaar: 17 ramme verkoop teen ‘n gemiddeld van R5662, 5+5 skaapooie en lammers verkoop teen ‘n gemiddeld van R3540 en 47 ooie verkoop teen ‘n gemiddeld van R2704.

Die omset vir die veiling was R241 050. Die totale omset vir die veiling was R563 450.

Allan Sinclair was die afslaer.