Bonsmara veiling in R4M

BELA- BELA – Die Bosveld Bonsmaraklub – Springbokvlakte-tak het op 15 November ‘n Bonsmara veiling te Warmbad Veemark aangebied.

Die stoetveiling het as volg gevaar: 24 bulle word verkoop teen ‘n gemiddeld van R31 208, 1+1 koei en kalf word verkoop teen R12 500, agt dragtige koeie word verkoop teen ‘n gemiddeld van R12 500, 5+1 dragtige verse word verkoop teen ‘n gemiddeld van R15 300 en 2+2 koeie en kalwers (3:1 dragtig) word verkoop teen ‘n gemiddeld van R15 875.

Die omset van die stoetveiling was R969 750.

Die kommersiële veiling het as volg gevaar: 1 bul verkoop teen R10 000, vier koeie verkoop teen ‘n gemiddeld van R12 650, 34 verse verkoop teen ‘n gemiddeld van R9022, 73+74 koeie en kalwers verkoop teen ‘n gemiddeld van R13 377, vier tollies verkoop teen ‘n gemiddeld van R5600, 101 dragtige koeie verkoop teen ‘n gemiddeld van R11626, 38 dragtige verse verkoop teen ‘n gemiddeld van R10671 en 10+10 koeie en kalwers (3:1 dragtig) verkoop teen ‘n gemiddeld van R15 300. Die omset vir die kommersiële veiling was R3.099 miljoen. Die totale omset was R4.06875 miljoen.

Mike Killassy was die afslaer.