5de vir Thaba Hengelaar

Theunis Botha het vyfde plek verower in die SA Meesters Hengelkompetisie. Op die foto hou hy ‘n 13.4kg barber vas.

THABAZIMBI – ‘n Hengelaar van Thabazimbi Hengelklub het vanaf Maandag 7 November tot Woensdag 9 November aan die Suid-Afrikaanse Meesters Hengelkampioenskappe te Bloemhofdam deelgeneem.

Theunis Botha is in die A span en sy eggenote Marietta Botha het in die B span deelgeneem.

Die A-span bestaan uit nege provinsies wat deelneem daar is weer 12 hengelaars in elke provinsie met ‘n totaal van 108 hengelaars.

Theunis Botha het algeheel vyfde geëindig. Hy het ‘n knewel van ‘n barber met ‘n gewig van 13.4kg op die eerste dag van die kampioenskap ingekatrol. Die Hengelklub wens hom geluk met hierdie besonderse prestasie.