11 Global Africa’s Toughest Triathlon 2011 te Sun City

Luzaan Combrink

Die afgelope naweek was dit weer tyd vir die 11 Global Africa’s Toughest Triathlon 2011 te Sun City.  Dit is ‘n internasionale driekamp-byeenkoms wat in 5 dele van die wêreld plaasvind.  Die drie dissiplines het bestaan uit:  1.5 km swem, 40 km fietsry en 10 km hardloop.  Luzaan Combrink het aan hierdie byeenkoms gaan deelneem en buiten die ondraaglike hitte was dit nog steeds die moeite werd.  Sy het die wedloop voltooi met ‘n tyd van 3 ure en 15 min.  Daar was ongeveer 800 atlete wat aan hierdie byeenkoms deelgeneem het.  Luzaan is betrokke by Active Life as instrukteur van die “Dollie Patrollies” en swem saam met die “Thaba Flyers” onder leiding van Helen Stevens.