Waardeweek by HFM

Die Gr 9 leerders van HFM het ‘n dorp skoonmaak aksie tydens “waardeweek” geloods.

THABAZIMBI – Gedurende die week van 17 -21 Oktober 2011 het HFM “waardeweek” gehou. Die waarde waarop daar gefokus is vir die week was: Goeie Burgerskap. Mense wat hul burgerlike pligte nakom: Betaal hul belasting; Is goeie bure; Gee om vir die welsyn van ander; Doen liefdadigheidswerk om die gemeenskap te help, soos om hul omgewing skoon en veilig te hou of dit te verbeter en Beskerm hul omgewing. Ter afsluiting vir die week se aktiwiteite het die Gr 9 leerders ‘n dorp skoonmaak aksie geloods.