Volop swart mambas in Thaba

Louise en Wimpie van Zyl se tuinier, Azeleon, het hierdie monster van ‘n mamba op Dinsdag 8 November gevang.
Melanie en George Robertson woon vanaf 2009 naby die vliegveld en het op Sondag 6 November vir die eerste keer ‘n swart mamba in hul erf aangekeer.

THABAZIMBI – Verskeie inwoners van Thabazimbi het die afgelope week swart mambas in hul erf opgemerk.

Mambas (Dendroaspis spp)

Mambas is groot, daglewende slange met doodskisvormige koppe. Die swartmamba het in werklikheid ‘n vuilerige olyfkleur met ‘n ligter pens en kan met die minder giftige olyfkleurige grasslang verwar word. Wanneer dié slang bedreig word, lig hy die voorlyf, maak ‘n smal bak en sper die bek, wat binne swart is, oop om die giftande te ontbloot. Die slang gaan maklik oor tot pik indien die vyand nie blitsig padgee nie.

Die groenmamba is heldergroen en kan met ‘n boomslang, groenslang of waterslang verwar word. Dié slang is skugter en vlug gewoonlik as hy gesteur word. Mambas het ‘n kragtige, snelwerkende senugif wat vinnig noodlottige verlamming kan verooraak. Die swartmamba word as die gevaarlikste slang in Afrika beskou. Indien u ‘n slang in u erf gewaar, kontak Thabazimbi Krisis Beheer by 083 698 3401 of 083 433 2319, sodat hul ervare, opgeleide span die slang kan verwyder.

http://myfundi.co.za/a/Belangrike_giftige_slange_van_Suid-Afrika